Sep 5th

Zuma, Mugabe ‘sterre’ in SA musiekvideo’s

By kuifie ...

Zuma, Mugabe ‘sterre’ in SA musiekvideo’s

Saterdagaand laat klaargemaak…2010-09-04 23:06

Gavin Prins en Johan Eybers in Johannesburg…skryf


Pres. Jacob Zuma en sy noorde­like eweknie pres. Robert Mugabe van Zimbabwe loop erg deur onder kritiek in twee musiekvideo’s wat onlangs deur Suid-Afrikaanse kunstenaars vervaardig is.

Die groep Freshlyground het kragte saamgesnoer met die satiriese internetprogram ZA News van die spotprentmeester Zapiro om Mugabe uit te daag om sy beleid te verander.

Die musiekvideo is deel van hul nuwe album, Radio Africa.

Op die musiekvideo sing die hoofsanger, Zolani Mahola, dat Mugabe eens ’n supernova was, maar iewers die pad byster geraak het.

“Indeed it is you and only you who sleeps with the key... You are chicken to change!” sing sy.

En tesame met dié harde woorde is daar ’n pop van Mugabe wat saam met die groep dans.

Mahola sing in ’n sjebien saam met (oudpres.) “Thabo” Mbeki en “Tannie Helen” (Zille, DA-
leier).

“Mugabe” ry ook in ’n limou­sine in Zimbabwe rond en lees ’n koerant.

Mahola sê sy het daarvan gehou om die poppe in ’n video te gebruik. “Daar is iets vars daaraan dat ’n mens ’n ernstige onderwerp op so ’n kleurryke en ligte manier hanteer. Hopelik dra dit (die video) die boodskap oor.”

Zapiro sê: “Ek teken al jare lank spotprente oor Mugabe. Om saam met Freshlyground te werk, het ons die geleentheid gegee om hom eindelik by ons karakters te voeg. Ek hou van die (Mugabe-) pop, maar ek hoop ons kan hom baie gou laat aftree.”

'CHICKEN TO CHANGE' VIDEO PREMIERE!

This collaborative video from ZA NEWS and Freshlyground features the single ‘Chicken to Change’




Intussen het die eksperimentele Afrikaanse rockgroep Thys Nywerheid onlangs ’n musiekvideo van hul nuwe opname, Please Mister President, op YouTube gesit.

“Die video was ’n manier om uiting te gee aan ons frustrasies en protes aan te teken teen die swak voorbeeld wat die regering onder pres. Zuma stel,” sê Dawid Kahts, sanger van Thys Nywerheid.

Hulle sing onder meer dat “geld aan bome groei” en vra luukse motors en huise van die president.

“Dit is redelik kru en die SAUK sal dit beslis nie uitsaai nie. Daarom het ons besluit om dit op YouTube te sit sodat almal dit kan sien,” sê Kahts.

Hy sê hulle het ook vir Malema in die video gebruik.

Hy wys vir die kyker ’n middelvinger om te wys wat “sy en baie politici se houding jeens die publiek is” wanneer hulle hulself verryk.

 

"Please mister President" Thys Nywerheid.

Sep 3rd

“As”…gesing deur Melanie Lowe

By kuifie ...

“As”…gesing deur Melanie Lowe

Haar eerste Afrikaanse suksesliedjie “As “ geskryf en gesing deur die sterk Engelse Malanie Lowe
 
Sep 3rd

Blou Bul Bees Roux in die moeilikheid.

By kuifie ...



Blou Bul Bees Roux in die moeilikheid.

Die slim Mohale het gedink Bees Roux is ‘n maklike prooi.


Die Blou Bul Bees Roux nadat hy Maandag borgtog van R100 000 in die Pretoriase landdroshof gekry het.

Mnr. Pieter Crous, eienaar van Flamingo, het gister gesê lede van die Tshwane-metro-polisie wag sy kliënte in die oggendure in waarna hulle opgelaai word en na kitsbanke geneem word.
“Die kliënte moet dan geld trek en aan die metropolisielede gee of hulle word weens dronkbestuur gearresteer.”
Sep 1st

Vuvuzela-verbod op Europees sokkergronde

By kuifie ...



Vuvuzela-verbod op Europees sokkergronde…

Die vuvuzelas word geban op die Champions League, die Europa League en die kwalifikasiewedstryde vir die EK 2010. Dat het die UEFA laat weet...
“Die sfeer  in die stadions verander met die aanwesigheid van die vuvuzela. Dit sal nie passend wees as daar ook in Europa nadruk op die vuvuzela gelê word nie”.
Die Europees voetbalbond het benadruk dat die vuvuzela se lawaai die aandag van die prestasies op die sokkervelde aflei...
daarom Bafana Bafana so swak gevaar het.
Aug 26th

Regstaat subtiel bedreig...( Oor Nederland en Geert Wilders )

By kuifie ...

Regstaat subtiel bedreig

Oor Nederland en Geert Wilders... 

Geert Wilders Geert Wilders


2010-08-24 22:29…Dit kom uit Beeld

Leopold Scholtz…skryf

Nes in Suid-Afrika word in Nederland heftig gedebatteer oor wat die demokrasie eintlik behels en dis ’n debat waarvan Suid-Afrikaners kennis moet neem.

In Suid-Afrika gaan dit om die offensief van die regerende ANC­alliansie om die media te muilband.

In Nederland gaan dit om die moontlikheid dat die ekstreem-regse Partij voor de Vrijheid (PVV) van die omstrede politikus mnr. Geert Wilders op ’n manier by die regering betrek word.

Ná die laaste algemene verkiesing, op 9 Junie, word steeds oor die vorming van ’n koalisie onderhandel.

Dis niks vreemds nie, maar die konstruksie waaroor onderhandel word, is wel in twee opsigte vreemd.

Die eerste is dat die voorgenome uitkoms ’n minderheidskabinet is.

Amptelik sal slegs die liberale en die Christen-Demokrate deel van die kabinet vorm, terwyl die PVV verkies om slegs “gedoogsteun” te gee.

In Afrikaans vertaal: Hy sal die kabinet “duld” en hom nie laat val nie.

Dit beteken dat oor twee akkoorde onderhandel word: ’n re- geer-akkoord tussen die liberale en die Christen-Demokrate en ’n aparte “gedoog-akkoord” tussen dié twee en die PVV.

Dis ’n konstruksie wat in Nederland totaal vreemd is, ofskoon Denemarke so iets al lank ken.

Dáár word ’n minderheidskabinet geduld deur die ekstreem-regse Deense Volksparty.

Dit bring ’n mens by die tweede rede.

Veral by die Christen-Demokrate is daar huiwering om ’n amptelike verbintenis van enige aard aan te gaan met die PVV, wat as “besmet” beskou word.

Daar word gevrees dat die PVV, wat die reg sal behou om sy haatvervulde propaganda teen die Moslem-immigrante na willekeur voort te sit, so ’n magsgreep op die koalisie sal kry (sonder om verantwoordelikheid te dra) dat die regstaat in Nederland aangetas word.

Mnr. Dries van Agt, een van die Christen-Demokratiese oudpremiers, het vandeesweek in ’n artikel in De Volkskrant gewys op die talle – na sy mening – verwerplike elemente in die PVV se ideologie.

Dié party wil byvoorbeeld die Koran verbied, belasting op die dra van kopdoeke deur Moslem-vroue hef, immigrasie uit Moslem-lande verbied, nie-Nederlandse misdadigers uitskop en etniese registrasie invoer.

Uit ’n petisie van bekommerde Christen-Demokrate aan hul partyleiers blyk dat hulle meen die PVV-idees is ’n gevaar vir die demokrasie en die regstaat.

Hul party kan nie deel daarvan word nie, meen hulle.

In nog ’n artikel in dieselfde koerant skryf mnr. Marcel van Dam, ’n oudminister, oor die geleidelike vervaging van norme en waardes.

Hy spreek die vrees uit dat dít kan gebeur as die PVV op die een of ander manier by die regering betrek word.

Van Dam is weliswaar geen Christen-Demokraat nie – hy is lid van die gematig-linkse Partij van de Arbeid – maar hy verwoord die gevoelens van heelparty Christen-Demokrate.

Oor die PVV moet ’n mens twee dinge sê.

Ten eerste beliggaam die party die vrees van ’n beduidende deel van die Nederlandse bevolking dat hy ondergeploeg gaan word deur mense wie se kultuur, oortuigings en lewensbeskouing lynreg teen sy eie indruis.

Dat Wilders ’n vrees uitbuit wat, suiwer op die feite gegrond, oordrewe is, neem nie daarvan weg dat die vrees wel bestaan nie.

Die tweede is dat Wilders se oplossings die demokrasie in Nederland wel deeglik kan aantas en dat dit op ’n geleidelike manier kan gebeur – so geleidelik dat mense dit nie eintlik agterkom nie.

Dit is dieselfde gevaar waarteen Henry Jeffreys in sy rubriek in dié ruimte verlede week betreffende die ANC-planne in Suid-Afrika gewaarsku het.

Dis presies waarom Suid-Afrikaners kennis moet neem van wat in Nederland aan die gang is.

 

 

Kommentaar is gesluit vir hierdie storie.

 

Judge Dredd 8/25/2010 8:11:40 AM

Ek stem saam met Wilders. Die liberaliste moet kennis neem dat die sosio-politiese gety teen hulle begin draai. Die redes daarvoor is ooglopend: misdaad is 'n groot probleem waar linkses aan bewind is, volksregte en etnisiteit word ondermyn en afgebreek, kulture word gelyk gemaak onder dekmantel van "gelykheid", en die totalitêre staatsidee word bevorder, omdat staatsmag benodig word om die linkses se idees in plek te kry. Hou gouer die res van die wêreld Nederland se voorbeeld volg, hoe beter. Nee, die bloederige "Nuwe" Suid-Afrika (wat is nuut aan doodslag, geweld, korrupsie en wetteloosheid?) is glad nie vergelykbaar met Nederland nie.

 

Ash 8/25/2010 8:28:29 AM

Leopold jy weet immers nie veel wat regtig aangaan statisties in Europa, of dan spesifiek in die Europese Unie nie. So 'n bietjie agtergrond vir jou: Tot na die tweede wereld oorlog was Europa byna 100% homogeen wat ras betref. Na al hoe meer Afrika-state hul onafhanklikheid begin kry het in die 50' en 60', so ook saam met dit het immigrante sedert die 70' Europa begin instroom. Ek gaan nie nou in detail in met die gebeure rondom die tye nie. Die geboorte koers in veral die Wes-Europese lande het vanaf die 70' geleidelik begin daal tot vandag waar dit as baie ernstig beskou word in die meeste EU lande vandag. Duitsland bv. met 'n populasie van meer as 80 mijloen Het van die laagste geboortesyfer in die Eu. Sowat 8.5 per 1000 mense. In 1964 was daar 1.3 miljoen kinders gebore in 2005 'n skokkende 680 000. As dit so aangaan sal die bev. met sowat 7 miljoen minder wees as die huidige bev. dus 80 miljoen minus 7 miljoen is dan 73 miljoen. So ook Italië, die Tjeggiese republiek, Nederland, Portugal val onder die wat "gebuk" gaan onder lae geboorte syfer. As ons na die ander kant van die munt kyk, sien ons dat die immigrante bevolkings, veral van Turkye, Pakistan, Indië en deesdae heelwat van die Arabiese Noord Afrika persentasie gewys elke jaar meer en meer word van 'n Europese land se totale bevolking. Dit plaas verseker druk op die hudige stelsel wat mediese sorg en behuising betref. Maar aan die ander kant is die Europese bevolking as't ware besig om te verouder en al hoe meer gaan op pension, vandaar die verdere las op die regerings. Want onthou daar moet tog 'n werksmag wees om die ekonomie aan die gang te hou en sodoende ook vir die al groeiende bejaarde bevolking te sorg. Nou raak die Europeërs ongemaklik, en vandaar al die "regse" partye wat begin veld wen. Die meer "moderate" regerings van die dag begin nou self bietjie "regs" te draai. Gaan kyk maar na wette wat die een na die ander ingestel word bv. die verbanning van die burka in Frankryk, Pres Sargouzy se Immigrante "clamp down" deesdae. In die res van Europa volg dieselfde sentiment soos in Nederland wat jy van praat. Die "Islamifikasie" van Europa is nogal 'n vrees wat Europeërs meer en meer begin beetpak, maar ek kan hulle nie kwalik neem nie. Die Islam geloof word immers gekaap deur fundamentele groepe. Sou die Islam geloof 'n redelike platvorm kry bloot agv. hulle aanwas en getalle dan gaan hulle verseker begin stem dik maak. Vandag is daar sowat 500 miljoen mense in die EU waarvan 70 miljoen immigrante is. Die geboorte syfer tans in die EU as ons na persentasies kyk is immigrante verantwoordelik vir 60% van al die geboortes. So gaan maak jou sommetjies; tans is sowat 14% van die Eu immigrante, en sowat 60% van geboortes vandag is afkomstig van die immigrant bevolking? sien jy wat ek probeer sê? In die afsienbare toekoms gaan die populasie prentjie heel ander lyk indien alles voortgaan op die huidige trant. In die VSA is die demografiese verandering onherroeplik aan die verander. Teen 2050 sal die van Europese afkoms sowat 48% uitmaak van die Amerikaanse bevolking waar hulle tans sowat 67% uitmaak. En dit ook alles te wyte aan lae geboorte syfer en massiewe immigrasie van veral Mexico en die Suid Amerikaanse lande. Waar die swart bevolking van die VSA altyd die tweede grootste was het die Hispanics hulle verby gevat, en glo my (gaan lees maar dit op) is tot die swart bevolking "bekommerd" oor die tendens. Europa staan redelik op 'n kruispad. Gaan hulle die Amerikaanse voorbeeld volg, of gaan hulle meer behoudend wees? In geen Moslem staat vandag is daar enige sekulêre regerings nie. Tot Turkye is "veronderstel" on sekulêr te wees maar die sukkel maar ook met hul fundamentele groepe. As die tendens dus voortgaan met die groot getalle immigrante van veral die Islam state,dan is daar verseker spanning en konflik wat gaan opwel. Die Huidige Europese staatsmodel is onversoenbaar met die Islam geloof en wette. As ek jy is sal ek nie so krities staan teenoor die "vreeslike regse gevaar" in Europa nie, en eerder dit probeer verstaan en ondersoek waar dit werklik vandaan kom en wat die werklike rede is.

 

TvS 8/25/2010 9:17:44 AM

Bravo Ash! Wat moet nog gebeur om hierdie oordrewe polities korrekte rubriekskrywers, en andere, se oë te laat oopgaan? Wanneer volksvreemde immigrante die dag die kitaar begin slaan, en vrouens wat nie die burka wil dra nie by die huis moet bly?!

 

Zaab 8/25/2010 9:18:27 AM

Is demokrasie nie die wil van die meerderheid nie? As die meerderheid mense in 'n land dan wettiglik stem oor iets, hoekom is dit dan ondemokraties? Isalm is 'n magsbehepte militante en irrasionele ideologie wat konflik skep in Europa. Die gaste is nou besig om die inheemse Europeers te intimideer met hogere misdaadsyfers en geweld. In nederland is die film-regiseur Theo Van Gough, deur 'n moslem militante vermoor - hoe verdraagsaam is dit? Ongelukkig gaan liberaliste se oge altyd te laat oop, soos ons liewe linkse skrywerskorps in SA tot hul ontsteltenis ontdek het. Europa sal eenvoudig iets drasties moet doen teen die islamifisering van Europa

.

expatdoc 8/25/2010 9:31:16 AM

Om hierby aan te sluit - lees gerus Mark Steyn's "America Alone: The end of the world as we know it" - die moslems gaan binne die volgende 20 jaar die globale meerderheid wees. Dis in my opinie op sigself nie 'n probleem nie. Wat wel ons almal gaan affekteer is die onvermydelike toename van radikales wat almal wat nie deel daarvan uitmaak nie, se lewens gaan versuur. Volgens die boek staan slegs Amerika 'n kans om die vloedgolf tot 'n mate teen te staan omdat die gemiddelde gesin steeds in die omgewing van 3 kinders grootmaak. Vir die wat nog dink aan emmigreer - Amerika behoort eerste op die lys van kandidate te wees. Maar lees die boek - dis aan my voorgestel deur 'n "roughneck" op 'n olieboor!

 

KOSIE 8/25/2010 10:15:36 AM

In die begin 70`s het Dr. T.E.W. Schuman(voorheen voorsitter van die Raad Op Atoomkrag se boek "Die Abdikasie van die Witman" verskyn. Vandag het die witman reeds n bedreigde spesie geword. Elke poging om hom en sy nageslag wit te hou en te beskerm moet aangegryp word. Hoop vele meer sal wakker skrik om daaraan te werk; eerder as om te probeer om al wat leef op aarde te akkomodeer en nog meer te laat aanteel

.

jaap uys 8/25/2010 10:51:49 AM

Ek vind dat sommige stellings wel enigsins genuanceerd moet word: Die Koran word seker nie verbied nie, daar kom absoluut geen hoofdoekbelasting (kopvoddentaks) nie, en uitsetting van kriminele geld alleen vir diegene met dubbele nasionaliteit (diegene wat gekies het vir alleen die Nederlandse nasionaliteit, soos alle Nederlanders, is uitgesluit.) Alhoewel ek self geen ondersteuner van Wilders is, begryp ek wel deeglik waar sy steun vandaan kom. Byvoorbeeld: Pas het 'n ondersoek verskyn waaruit blyk dat 53% van Marokkaanse mans teen 18 jarige leeftyd reeds reeds met justitie in aanraking was. 'n Skokkende statistiek, sou jy dink. Wilders roep onmiddelik dat hulle die land uitgegooi moet word, maar die reaksie van alle ander partye is veelseggend :"De andere partijen hebben niet gereageerd." Dus, die gematigde wat bietjie bekommerd is oor misdaad in sy buurt, het geen alternatief vir Wilders nie. Sy steun is ook absoluut te wyte aan die faling van die gematigde politiek om publieke vrese aan te spreek.

 

JJJA1 8/25/2010 11:08:42 AM

Alhoewel ek nie met alles saamstem wat ek oor Wilders se standpunte lees nie, moet ek se dat ek al `n paar volledige toesprake deur hom gelees het, en ek kon NIKS fout vind met wat hy gese het nie. Die persoon wat ontken dat dit naief, selfverlonend en gevaarlik is om willens en wetens toe te laat dat mense van `n vreemde, fanatiese, intollerante en radikale kultuur en geloof jou land binnestroom, is `n idioot. Die ontstaan van die party is `n simptoom van die vrees van `n groot groep Hollanders, soos Scholz se. Soos Apartheid ook sy ontstaan te danke gehad het aan die vrese van die Afrikaner en blankes in SA. Vandag, met die gerief van retrospeksie, is dit maklik om te wys hoe verkeerd en selfs dom die stelsel van apartheid was. Wat minder geredelik toegegee word, en wat geen joernalis ooit waag om uit te wys nie, is die uiters belangrike feit dat elke enkele vrees wat die ontstaan van apartheid gedryf het, geregverdig was, soos die realiteit, feite en gebeure rondom ons elke dag met reelmaat bevestig. Die basiese vrees was dat as ons die politieke mag oorgee aan `n meerderheid wat `n primitiewe kultuur aanhang en as groep nie `n goeie rekord het om suksesvol na `n beskaafde demokrasie oor te skakel na bevryding nie, ons in `n onderdrukkende en mislukte staat gaan verval en dat ons as groep magteloos sal moet toekyk hoe hulle die land plunder, alle beskaafde waardes aftakel en hulleself vergryp aan mag op `n manier wat apartheid in die skadu sal stel. Verder, dat hulle die land en ekonomie sal vernietig met hulle onvermoee, hul grypsug en onbekwaamheid. WIE HET DIE MOED OM MET `N ERNSTIGE GESIG VIR MY TE SE DAT ALLES RONDOM ONS VANDAG NIE DAARDIE VRESE BEVESTIG AS ABSOLUUT GEGROND NIE?
Nee, dis maklik om `n groep mense uit te maak as radikale wie se vrese hulle dryf. Maar die geldigheid van die vrese is waar die probleem EINTLIK le. Die Hollanders het rede om bevrees te wees. Baie bevrees. So ook die in SA wat nou nog nie bevrees is nie. Die mediatribunaal is `n "pivotal" fase van die verabsolutering van mag in die hande van die ANC. Die geskiedenis sal dit eendag duidelik bevestig. Asook die tragiese gevolge.

 

Koert Grobler 8/25/2010 12:25:44 PM

Ai, ai, Leopoldt, kyk nou net al hierdie "ekstreem regses" wat op jou twak reageer.
Skud jou kop so bietjie en dan herhaal jy oor en oor: Daar is nie so iets soos "Ekstreem regs" nie. Doen dit so 'n honderd maal.
Al wat daar is, is regs, middel en links. En al sukkel jy om te begryp, 'n regse stem dra net soveel waarde as 'n linkse stem, die een is nie minderwaardig teenoor die ander nie.
Aug 24th

Ontwortelde Immigrant!

By Tiekie De Tulip
As jy dink aan immigrasie het ek eerste hands kennis en advies. Hierdie voorskrif is nie vir gesinne wat suid afrika wil verlaat..maar meer vir romantiese siele wat verlief geraak het op 'n buitelander en toe die besluit geneem het om in die buiteland by jou geliefde te gaan woon.

Wat mense jou WEL vertel:

Dis veiliger vir jou en jou kinders of nageslag omdat die geweld en korrupsie in ons liewe ou Suid-Afrika onstabiel hoog is...Dis beter vir jouself financieel jy kan meer vir jou en jou gesin of kinders bied met beter geleenthede vir hulle toekoms....Dis heerlik om in 'n land te woon waar "alles" en almal WERK! met alles bedoel ek die regering...Strate is skoon, vullis is weggehaal, dorpe het bome blomme en stadstuine waar jou kinders veilig kan speel en baljaar...paaie word onderhou...jou balasting geld word gebruik soos dit bestem was om gebruik te word.."JA IN SOMMIGE LANDE WERK DIT ACTUALLY SO REGVERDIG!"

Vakansies in Europa..in plaas van Aventura resorts! Meer geld- Meer goeters...geen rasisme of weinig..geen regstellende aksie...om te lewe en te werk en te leef elke maand met 'n bankbalans wat actually in die plus opeindig! Veilig slaap, altyd water...altyd krag...altyd en goedkoop internet...Goeie Medies! Goeie hospitale!!!

As jy iemand is wat immigrasie oorweeg..dan ken jy al hierdie PLUS punte of "pro's" want almal wurg dit in jou keel af elke dag van die dag wat hulle hoor jy's oppad tot jy actually op die lughawe in trane afskeid neem van almal....

Wat Mense jou NIE altyd vertel:

Jy word ontwortel! Alles wat jy weet, of geweet het, of gedink het jy het geweet- betekin in die buiteland vir jou NIKS! Jou hele "logika" wat jou brein vir jou versamel het in jou 30 jaar op aarde- is in 'n ander land: kleuterskool kennis! Mense ek praat van Common SENSE- dit waarmee jy glo almal (of meeste mense) is gebore en kan homself help vir die res van sy lewe...wel dit betekin vir jou in 'n ander land nie veel! Hier het almal 'n ander "logika" en ander "set of rules" waarmee 'n mens se inteligensie gemeet word! En eks seker jy sal nie verstaan wat ek bedoel...tot jy eers daar is en dit eerste hands self ondervind...self -lewe!

Wat hand aan hand hiermee saamgaan is wat meeste mense "kultuur" noem. In Suid-Afrika as jy afrikaans is- het jy opgegroei met 'n saamgesmelte kultuur-wat meerendeels bestaan uit "Engelse" gewoontes en manier van doen en dink. JA! Elke boer sal dit vurig ontken! Maar glo my- Ek het twee jaar in Engeland gewoon, en sit nou altesaam ook al twee jaar in Nederland. Ons kultuur is Engels! Ons het goeie maniere! Ons leef Emotioneel in ons familie verband! Ons GEE om...ons is Beleef en respekteer ander mense se menings en opinies- sonder om expresief ons eie opinies te uiten! Ons is "aggree-able" stem graag saam met ander- maar kan het nie regtig die balls om saam-te-staan as dit nodig is :( .Ons skoolkinders is opgevoed met dissipline..dra skool uniforms...het 'n sense van trots op jou skool- op jou land...en wys die trots deur Skool "anthem's" en spesiale skool vlagge of landsvlagge te hys! Dit alles is in ons gene oorgedra van generasie tot generasie en kom uit die Engelse kultuur. Want al is jy 'n afrikaner in bloed en murg...daar was 'n tyd wat jou voorouers gedwing was om in Engelse skole te sit..en die Engelse "Manner's" te leer. En ons kan maar dankie se!

Hier in Nederland werk dinge anders. Die Nederlanders is REGUIT! hulle is baie Expressive! Hulle se wat hulle dink, Bedoel wat hulle se, en stem nooit saam met enige iemand oor niks nie! Elkeen het sy eie opinie en reg tot opinie...en as jy vir hom vra hoe gaan dit? Se hy jou reguit: Dit gaan verskriklik sleg...en hoekom dit so sleg gaan ook! In Nederland leef hulle nie vir Familie- en emosies- en goeie Maniere nie. Dissipline is nie hier 'n goeie ding (soos wat ons gedink het nie) hier is dit emotionele mishandeling! Dis 'n ander wereld om as afrikaner in te land! Hier het ek besef dat ons kultuur nie van Holland af kom soos wat ons dink nie. Al wat ons oorgehou het van ons Hollandse voorvaders is eintlik ons taal!

Daar is 'n gesegde wat lui: The English are too polite to be honest, and the Dutch are too honest to be polite!!!

As jy hier woon...verstaan jy daai gesegde tot op die punt!

Die laaste deel advies wat ek kan bied of liewer openbaring..is dat jy moet weet WAT jy als opgee as jy as Afrikaner boere meisie of oukie na die buiteland trek- (nie oor jy jou eie land haat- maar oor jy die man in die ander land so liefhet) Dan moet jy weet watse groot opoffering jy maak vir daai liefde...Mense BESEF nie...dit betekin nie net- dat jy jou Land agterlaat..nie..jou vaderland..waar jy gebore is...en grootgeword het...en gelukkig as kind gespeel het ...jy gee veel meer op! Jy gee jou Familie op! Want skype is "cool" maar skype is nie jou pa of ma se drukkie of broers se karnuffel op verjaarsdae nie! Jy gee jou vriende op! AL jou vriende...van die wat jy een keer 'n jaar sien...tot daai spesiale een wat elke dag van jou lewe deel was van jou bestaan, en als met jou deel van troue reel tot trane vee...daai beste pal...jy gee haar ook op! Jy gee jou moedertaal op! Dit wat jy gewoont was om te praat van jy 'n baba was! Maar dis okay..want jyt internet..en telefoon vir as jy dit erg nodig het! En wat nog die ergste van als is...jy gee 'n groot deel van jouself ook op! Jy laat dit agter in Sonnige Suid-Afrika...daar waar jou hart altyd na toe terug verlang. Jy gee daai deel op want in jou nuwe land moet jy verander en aanpas in jou nuwe omstandighede...Jy moet "evolve" en groei in karakter -jy moet sterker wees..minder emotioneel...meer expressief...Jy moet inpas by die massa's en jy moet vrede daarmee maak dat dit jou besluit was!  
Aug 19th

Vuvuzela kry ’n plek in Oxfort woordeboek.

By kuifie ...
Vuvuzela kry ’n plek in Oxfort woordeboek.



oxfort woordeboek



Die vuvuzela kry ’n plek in die laaste uitgawe van die Engelse Oxfort-woordeboek, wat môre gepubliseer word. Die blaasinstrument het tydens die laaste WK baie sokkerondersteuners mateloos geïrriteer. Die Oxfort Dictionary of English beskryf die vuvuzela as ’n lang, plastiek instrument, in die vorm van ’n trompet wat baie lawaai kan maak en wat by die Suid Afrikaanse sokkerondersteuners baie populêr is.



vuvuzels







Aug 18th

Hoe om te CAM-Chat op Suid-Afrikaners

By Kraai .
Ek lees so hier en daar op mense se mure dat hulle graag wil cam-chat met mekaar, en dit lyk my bitter min is bewus dat jy dit wel sommer net hier op suidafrikaners kan doen. Ek en Jacques het dit al voorheen getoets, en dit werk 100.

Al wat jy doen, is om hier heel onder te klik, regs, waar dit wys, "who's online" en dan jou chatmaaitjie wat "online" moet wees, 'n cam-chat versoek te stuur, of jy kan ook teks-chat. Maklik nie waar?
Aug 16th

Couple wishes to adopt a baby

By Ronel Joubert
We are a warm, loving, happily married couple from the Free State, we are looking to make our dream of starting a family come true by adopting a (white) baby who we can share our lives and our love with. I’m 29 and my husband is 38, we knew each other for 9 months then we started dating, we dated for over 3years, then we got married. (We are almost married one year now) We tried working through an adoption agency but they say we have be married for at least 3 to 5 years before we can apply, but according to them, by the time we are married 3 years my husband will be too old to qualify, even if my age still qualifies :-( So we have to do this on our own :-( I know someday somewhere there will be a baby out there that will need a good, safe and loving home, we will be able to give him/her everything his/her little heart desires, when that day comes we will be here waiting :-) Please contact us.
Aug 3rd

Nuutste rasse-video op UV-kampus

By kuifie ...

Nuutste rasse-video op die Universiteit van die Vrystaat…

Swartes wat wittes ontgroen… niemand word aangekla nie.

 


Skaars ‘n jaar nadat ‘n storm losgebars het oor die Universiteit van die Vrystaat (UV) oor die sogenaamde Reitz-vier walgvideo is daar nóg ‘n video. ‘n Video waarin vier wit Huiskomitee-lede (HK) ontgroen word is die nuutste skokvoorval op die UV-kampus.