Quick Help - Koerant
This tab collects and displays feeds (RSS) published on other websites. Your network administrator selects the news feeds that appear here.
Die Nuus in Afrikaans
Netcare doen humanitere hulp aan pasiënte van provinsiale hospitale
Die privaathospitaalgroep, Netcare, sê hulle het meer as 730 pasiënte behandel wat weens die staatsdiensstaking nie toegang tot gesondheidsorg by ‘n staatshospitaal kon kry nie.
Die bestuurshoof van Netcare, dr. Richard Friedland, sê die pasiënte wat behandel is was baie siek of uiters kwesbaar. Hy sê onder normale omstandighede sou die sorg, medikasie en gespesialiseerde diens sowat 15 miljoen rand gekos het.
Hy het beklemtoon dat Netcare nie betaling vir sy dienste eis nie, omdat die groep dit as humanitêre hulpverlening beskou. Friedland sê al die Netcare hospitale vaar goed, ondanks die buitengewone groot hoeveelheid pasiënte.
Die Staatsdienskommissie het intussen ‘n dringende beroep op onderhandelaars gedoen om gemeenskaplike gronde met vakbonde te kry. Die kommissie sê die voortslepende staking het ‘n negatiewe invloed op dienslewering, en die toekoms van veral matrikulante en siek mense word op die spel geplaas. Vakbonde behoort Maandag ‘n antwoord te gee op die staat se jongste salarisaanbod.
Vryheidsfront Plus maak beswaar oor “Tswane Show”
Die Vryheidsfront Plus maak as gereelde uitstaller by die Pretoria skou beswaar teen die verandering van die naam van die Pretoria skou na die Tshwane skou.
Die naam verwar skougangers en die aanspraak van die skoubestuur dat die naam “Tshwane show” aan die skou ‘n internasionale geur gee is belaglik, so se mnr Philip van Staden, VF Plus leier van Pretoria.
Daar bestaan geen geografiese plek soos Tshwane nie en die skou wat ‘n geskiedenis van meer as 70 jaar het, vind plaas in die hartjie van Pretoria en staan reeds sedert 1963 as die Pretoria skou bekend. Die skou loop more teen einde.
Die leier van die VF Plus in Gauteng en LPW mnr Jaco Mulder het van Staden ondersteun deur te se dat die verandering van die naam skougangers verwar en die 47 jarige tradisie effektief versmoor het. Hierdie sogenaamde strategiese besluit van die Tshwane besigheids-en landbou korporasie is kortsugtig en vervreem die tradisionele uitstallers en skougangers.
Talle skougangers het die naamsverandering by die VF Plus stalletjie veroordeel en aangedui dat hulle die skou nie weer sal ondersteun nie.
Die VF Plus was die afgelope jare met sukses in ‘n hofstryd gewikkel om die behoud van die naam Pretoria. Dit is ‘n skande dat die skoubestuur met soveel disrespek met die erfenis omgaan, veral nadat talle hofuitsprake en selfs die president van Suid Afrika erkenning aan die naam Pretoria gegee het, het Mulder gese.
Cele in spervuur oor miljarde rande se vermorsing
Die parlement het gister onthullings aangehoor dat top polisiebeamptes miljoene rand gemors het deur onwettige kontrakte aan te gaan om geboue en kantore op te knap.
Die polisiekommissaris, Bheki Cele het aan parlementslede gesê hy is sedert sy aanstelling in Julie 2009 gevra om verdagte transaksies te ondersteken. Dit hou ondermeer verband met aankope, die toekenning van boukontrakte en die aanstelling van konsultante.
Buiten miljoene rand wat bestee is aan die opgradering van kantore, wat die polisie gehuur het, is die polisie se forensiese bedrywighede ook uitgekontrakteer aan ‘n maatskappy wat behoort aan die eggenoot van ‘n polisiebeampte.
Waterkanonne ter waarde van 47 miljoen rand is ook aangekoop wat die polisie nie nodig gehad het nie. Cele het sy voormalige adjunk, Hamilton Hlela, en drie senior amptenare van Voorsieningsbestuur uitgewys. Hy sê Hlela het hom op verskeie geleenthede mislei met kontrakte wat hy wou hê Cele moet onderteken.
Christchurch aardbewing groot skade aan infrastruktuur
Die aardbewing het sewe komma een op die Richterskaal geregistreer en groot skade aan infrastruktuur aangerig. Die minister van verdediging, John Carter, sê groot skade is aangerig wat die ekonomie erg sal benadeel.
Die eerste minister, John Key en ander senior regeringslui het ook na Christchurch vertrek om hulle van die situasie te vergewis. Geboue het ineengestort en talle paaie en brûe is beskadig. Krag- en watervoorsiening moet ook herstel word.
Die regering het vroeër ‘n noodtoestand afgekondig. Die middelpunt van die aarbewing was naby ‘n klein plaasgemeenskap, Darfield, sowat 20 kilomter wes van Christchurch. Die aardbewing het Nieu Seelanders in die vroeë oggendure getref en het sowat 40 sekondes geduur.

